Local newsNewsNews

‘Big Brag’-tradisie met trots voortgesit

SASOLBURG. - Die Vaaldriehoek se oudste rugbyderby (die Classic Clash tussen HS Sasoburg en HTS Sasolburg) was 'n skouspel om te beleef.

Vanjaar was ekstra spesiaal want HS Sasolburg vier vanjaar sy 70ste bestaansjaar.

Voor die jarelange tinatiese stryd tussen die eerstespanne afgeskop het, was daar natuurlik eers die Big Brag.

Dié geesvang-sessie kry sommer die spelers én die toeskouers in die regte stemming vir die hoofwedstryd.

Aan die einde van die feestelike vertonings deur die twee skole, het HS Sasolburg se hoof, mnr. Wouter Wessels, soos tradisie dit vereis, die fakkel aangesteek en dit was tyd vir aksie!

Hier is van die Big Brag-hoogtepunte. Nog foto’s en berig oor die wedstryd in die week se Vaalweekblad (31 Mei – 6 Junie).

Foto’s: Elsje Vermeulen

Een van HTS Sasolburg se dansers in aksie.
HS Sasolburg se rasieleiers.
Hemmie Mazibuko was beslis ‘n “crowd pleaser” vir HS Sasolburg-ondersteuners.
Die eerstespan spelers van HTS Sasolburg sing hul skoollied.
Van die HS Sasolburg-ondersteuners het die aandag getrek met hul “war paint”.
Die eerstespan manne van HS Sasolburg sing hul skoollied.
Nicole Kruger van SHS kry die toeskouers in die regte gees.
Daar was natuulike baie oud-leerlinge van albei skole wat die groot dag saam geniet het.
Die HTS Sasolburg dansers wys hoe word dit gedoen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button