Vadersdag-kompetisie met kontant op die spel
Daar is geen inskrywingskoste verbonde nie, maar ‘n lekker R1 000 kontantprys kan gewen word.
Pa’s wat deel is van hul kinders se grootmaakproses en deel is van hul belangstellings is goud werd.
Moderne pa’s is nie meer net die broodwinners nie.
Hulle help met alles van doeke omruil, kosmaak, rondry, luister en alles wat nodig is om aan hulle kinders die beste ondersteuning te bied en “hero-status” te verdien.
Vaalweekblad bied dus geleentheid vir Vaaldriehoekse pa’s en hul kroos om aan ons Vadersdag-kompetisie deel te neem.
Ma’s en kinders kan namens pa inskryf.
Al wat nodig is, is ‘n mooi foto van pa en kind/kinders (met name en vanne en van watter dorp julle is), met ‘n twee-sin verduideliking hoekom jou pa spesiaal is.
Verskaf ook ‘n kontaknommer.
Stuur die foto en inligting per e-pos na Elsje@mooivaal.co.za
Ons gaan met al die inskrywings in die uitgawe van Vaalweekblad, 14 Junie spog.
Inskrywings sluit Dinsdag, 11 Junie om 17:00.
