Local newsNewsNews

Alle Vaal-bruide genooi om in te skryf

Vaalweekblad nooi plaaslike bruide wat hierdie jaar trou om aan ons Bruid van die Jaar-kompetisie deel te neem. Inskrywings is gratis en daar is soos altyd pryse op die spel.

As jy reeds hierdie jaar die knoop deurgehak het, wil ons graag jou inskrywing ontvang.

Stuur jou mooiste troufoto met die nodige inligting (jul name en van, van watter dorp julle is en wanneer julle getroud is) aan Penelope by penelope@mooivaal.co.za

Al die inskrywings gaan deurlopend op ons webtuiste verskyn. Die bruidsjaar strek van Januarie tot Desember 2024.

So moenie huiwer om in te skryf nie, ons wil graag met julle spog.

Hier is nog van die bruide wat reeds foto’s ingestuur het.

Tshiamo & Lindiwe Molefe van Vanderbijlpark is op 13 April getoud.
Joey Ann & Johan Holloway van Sasolburg is op 2 Maart getroud.
Liana & Tiaan Jordaan van Vanderbijlpark is op 10 Februarie getroud.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button