VEREENIGING. – Net soos die Springboklegende Bobby Skinstad, sukkel Koos Bosman (jr.) om sy tong in sy mond te hou wanneer hy vir Vereeniging Rugbyklub se eerste rugbyspan ‘n drie onder die pale gaan druk.
Maar dis nie net op die rugbyveld wat hy vir sy teenstander tong uitsteek nie. Hy doen dit ook in die besigheidswêreld. Hy is onlangs in Johannesburg vir die tweede jaar in ‘n ry as Maschinenfabrik Augsburg-Nürnberg (MAN) se top Verkoopsbestuurder in Suid-Afrika aangewys.

Hy het 252 trokke in een jaar verkoop en sy naaste mededinger kon slegs 120 trokke in die dieselfde tydperk van die hand sit. Dit is nie-amptelik die meeste trokke wat ‘n MAN-verkoopspersoon tot nog toe in een jaar kon verkoop.
“Dit is regtig ‘n groot voorreg. Dit is maar harde werk, lang ure en vetroue in die produk. “Daar is niks wat naby MAN kom nie. Ek bewys dit keer op keer,” gee hy te kenne.
Op 31-jarige ouderdom is die wêreld sy oester. Hy is ‘n pasgetroude en het onlangs pa geword van ‘n klein bulletjie, Jan Duitser Bosman.

Sy spruit is na sy oom Duitser Bosman vernoem. Die naam mag miskien ‘n Duitser ontmoet Duitser! Duitser Bosman het onlangs die nuutste toevoeging en sy naamgenoot tot die Bosman-familie verwelkom. klokkie lui, aangesien Duitser en die oudSpringbokkaptein, Francois Pienaar as die vaders van die uiters suksevolle Varsity Cup beskou word.
Wat sy onmiddellike toekomsplanne betref, is hy nie oorhaastig nie. “Ek is baie gelukkig en tevrede. Ek sal daarvan hou om ‘n geleentheid in Europa te kry, maar ek is rustig. Ek weet nie wat die toekoms inhou nie,” vertel h
