Vlytige Vingers breigroep in goeie hande
Die breiers en hakers sorg elke jaar dat vele harte en hande warm bly.
SASOLBURG. – Anita Hanekom en haar Vlytige Vingers breigroep is ‘n instelling in die Vaaldriehoek.
Elke jaar span die breiers en hakers (soos die wat hekel bekend staan) saam en word meer komberse voltooi wat onder behoeftiges versprei word.

Vrydag, 24 Mei was daar weer ‘m kleurvolle versameling komberse by die DP de Villiers stadion neergelê.
Die 105 komberse en 19 kniekomberse is deur vele hande gebrei en gehekel deur dames van so ver as Namibië, Durban, Klerksdorp en Fochville.
Die komberse is dieselfde dag aan verteenwoordigers van verskeie organisasies oorhandig wat die pragstukke so ver as Phalaborwa en Verdefort versprei het.

Die grootste gedeelte het aan behoeftiges in die Vaaldriehoek gegaan. Onder die komberse was daar ‘m baie spesiale een in pienk en pers getooi. Dis gemaak vir Carien van Dalen (16) van Sasolburg wat tans teen kanker baklei.
Vir Anita was hierdie jaar se kombersLoretta Sprong wys haar sonneblom kunswerk. projek nog meer besonders aangesien dit haar laaste as Vaaldriehoeker was.
Die Hanekoms het na Hartenbos verhuis, maar die breiers is dit eens dat hul nie gaan ophou nie.

“Ek laat die groep en die projek in die bekwame hande van Katrien Lewies, Melinda Hanekom en Hettie Pretorius,” het Anita by die oorhandiging van die komberse vertel.
