Local newsNewsNews

Groinchurn gaan die Vaal ‘rock’

VANDERBIJLPARK. - Groinchurn, SA se baanbreker grindcore-band, keer op Saterdag, 22 Junie terug na hul tuisdorp in die Vaal om hul 30-jaar vieringstoer af te skop. Valies word genooi om dié aand gratis saam te geniet.

Hulle is bekend vir hul intense, polities-gelaaide musiek, en het in die middel 1990’s internasionale bekendheid verwerf met hul rou mengsel van grindcore, death metal en punk.

Hulle het in Europa en die Verenigde State getoer, en het die verhoog gedeel met bands soos Nasum, Exhumed, Rotten Sound, Agathocles, en Dead Infection, wat hul globale teenwoordigheid versterk het.

Groinchurn het ook die eer gehad om vir Sepultura op te tree tydens die Brasiliaanse metal-band se Suid-Afrikaanse toer.

Wat die 30 jaar viering ekstra spesiaal maak is dat dit afskop by die Sylviavale Heritage Village, waar Groinchurn bygestaan sal word deur twee spesiale bands: THE THR3 PROJ3CT en Armed to Disarm, ‘n plaaslike gunsteling.

Die deure sal reeds om 16:00 oop wees sodat daar vooraf bietjie gekuier kan word en selfs die kans kry om van die kunstenaars te ontmoet.

‘n Professionele videografiemaatskappy gaan die hele geleentheid verfilm.

‘n Amptelike opname van die geleentheid sal kort daarna op gewilde platforms soos YouTube vrygestel word.

Dit beteken dat almal wat die geleentheid bywoon, die kans sal hê om in die video te verskyn.

Hierdie geleentheid is besonders spesiaal aangesien sommige van Groinchurn se lede nou oorsee woon, wat dit ‘n seldsame en nostalgiese geleentheid maak – ‘n ware terugblik na die verlede.

Hierdie toer beloof om ‘n historiese gebeurtenis te wees wat Groinchurn se nalatenskap en hul blywende invloed op die ekstreme metal-toneel vier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button