Local newsNewsNews

Lumies se koekedoortjies

Lumiére Primêr het Vaalpark se kleuters bietjie bederf

VAALPARK. – Dit was ‘n soet lekkerte op ‘n Vrydagmiddag vir die kleuters by Lumiére Primêre skool.

Palesa help haar kleinsus Paball Motapa om die koekie te verf.

Die skool se pom-poms, in pienk getooi, het die jongelinge vermaak. Na die vrolike danspassies was die kleingoed gereed vir die middag se groot aksie.

Elkeen het ‘n Lumie voorskoot aangetrek en die kans gehad om soetkoekies met prentjies in te kleur.

Almal het ‘n kwassie, bakkie water en ‘n piepklein palet met eetbare verf ontvang.

Mia-Leigh Vorster (3) konsentreer om die blou verf op die kwas te kry. Foto’s: Gerda Bruinette

Party het met groot konsentrasie weggeval en hul prentjies mooi ingekleur en ander het so vinnig moontlik kleur op die koekie gekry vir die belangrikste aksie van die dag, om die koekie te eet.

Dallas Mgwena (3) het lekker geverf, maar sy ma moes naby bly. Foto: Gerda Bruinette

Met ma’s en pa’s wat byderhand was om raad te gee en so hier en daar trane af te droog, het almal die middag geniet.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button