VANDERBIJLPARK. – “Dit was vir my ‘n groot voorreg om as tweede prinses van Miss Grand SA gekroon te word.
“Om ‘n finalis in een van SA se grootste skoonheidskompetisies te wees, was my doelwit en ek is oorstelp met my kroning en om die wenner van die swemklere-afdeling te wees.”
Suhané Bosch, voormalige Mej. Vaal borrel steeds na die groot Miss Grande SA finale wat 1 Junie by Emperor’s Palace plaasgevind het.
Sy het haar waardering uitgespreek teenoor Vaalweekblad en die mense van die Vaal vir al die belangstelling en ondersteuning.
Alhoewel Miss Grande SA nou agter die rug is, gaan sy voort om saam met POWA (People against woman abuse) te werk.
“Ons kan ‘n stem wees vir mishandelde vroue en kinders in SA en my insameling van klere, komberse, sanitêre produkte en alledaagse benodigdhede sal altyd deel wees van wie ek is.”
