Local newsNewsNews

Sasolburg-buurtwag help SAPD om sterk onwettige drank te vernietig

Die drankbottels is gemerk dat dit in Suid-Afrika gebottel is. Die inhoud bevat industriële alkohol, wat baie gevaarlik is vir menslike gebruik.

AfriForum se Sasolburg-buurtwag het die Suid-Afrikaanse Polisiediens Maandag, 10 Junie gehelp om 820 liter onwettige drank te vernietig.

Die alkoholinhoud van dié drank is 43% per 100 ml. Hierdie drank is gekonfiskeer uit ’n drankwinkel waarvan die eienaar ’n Chinees is.

Hy het skuld erken en AfriForum en die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het die SAPD met die vernietiging daarvan gehelp.

AfriForum se Sasolburg-buurtwag het die SAPD gehelp om onwettige drank te konfiskeer.

Daar is nog twee sake geopen waarvan die drank ook vernietig sal word nadat die sake afgehandel is.

Hierdie drank is baie goedkoop en word algemeen deur straatmense aangekoop, wat kan lei tot dronkenskap en geweld op straat, huismoles en molestering.

Daar probeer verhoed word dat mense in hulle dronkenskap in die straat rondloop, wat tot gevolg het dat hulle raakgery kan word, wat weer slegte gevolge vir motoriste het.

“Knap gedaan deur die buurtwag wat saam met die SAPD en GPF gewerk het. Hierdie voorval maak inwoners bedag daarop dat daar nie sommer goedsmoeds by enige winkel gekoop moet word nie.

“Elke inwoner van Sasolburg word aangemoedig om deel te word van die buurtwag,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder van die Mooirivier.

So lyk die onwettig drank wat teen goedkoop pryse verkoop word.

Volgens Johan Potgieter, buurtwagleier van Sasolburg, is hierdie ‘n baie gevaarlike drank om te gebruik, omdat die inhoud daarvan nie suiwer is nie.

“Ek wil graag die publiek se aandag op hierdie probleem vestig en vra dat u ons sal kontak indien u op hierdie tipe drank afkom, sodat ons hierdie euwel kan uitroei,” sluit Potgieter af.

Klik hier om by AfriForum se buurtwagte betrokke te raak. Indien jy graag by die Sasolburg-buurtwag se projekte betrokke wil raak, kontak Potgieter by 082 337 5983.

Nog ‘n voorbeeld van hoe die onwettige drank lyk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button