Local newsNewsNews

Skaakkoningin na maat haar ‘dare’

Sy is net in graad 7, maar Hannah weet hoe om ander te skaakmat

VANDERBIJLPARK. – Hannah Campher het brons verower in die Afdeling A (o.18 ope-afdeling) by die Sedibeng Skaaktoernooi in Heidelberg.

‘n Merkwaardige prestasie, want Hannah is eintlik o.13 en ‘n graad 7-leerder aan die laerskool D.F Malherbe.

Sy wil gedurende die skoolvakansie in Durban gaan deelneem, maar die toernooi het nie ‘n o.13 afdeling nie en sy het vir die o.16 afdeling ingeskryf.

“My ma het gereken ek moet darem teen die ouer spelers meeding voordat ek die o.16’s aandurf, maar die Sedibeng-toernooi het net ‘n o.18 opeafdeling,” verduidelik sy.

Met die bronsmedalje om haar nek, sien sy kans vir die uitdaging in Durban. Skaak is vir haar die lekkerste lekker.

Sy het eers in graad 4 aan kompetisies begin deelneem nadat een van haar maats haar gedare het om dit te doen.

Einde 2023 het sy haar Sedibeng-kleure gekry en nog is dit die einde niet. “My oupa André van Wyk het my jare gelede al leer speel.”

Hannah speel nie net skaak nie, sy geniet dit ook om die wêreldtoernooie te volg en is ‘n aanhanger van Magnus Carlsen, skaak grootmeester van Noorweë.

Hoewel daar nog baie jare is voordat sy die groot besluit moet neem, reken sy dat sy graag ‘n professionele skaakspeler of advokaat wil word.

Vir nou is haar volgende skuif om die o.16’s in Durban ore aan te sit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button