Local newsNewsNewsSport

Elke gimnas word deel van die familie

Die Fouries het 'n passie vir gimnastiek in al sy vorme en geniet dit om 'n liefde vir die sport ook by jongelinge te kweek.

VANDERBIJLPARK. – In die Fouriehuishouding word daar gimnastiek gepraat, geleef en gedroom. Letterlik.

Nie snaaks vir Ronel of Berné om laatnag koffiesessies te hê omdat een nie kon slaap oor ‘n gimnas se program nie.

Van die klub se bestes: Willem Pieterse, Dewet van Jaarsveld en Jeandre van der Merwe. Foto: Ronel Fourie

Die twee is mede-eienaars van Emfuleni Gymnastics, terwyl hul seun, Coach Bonsai ‘n tak in Vereeniging oopgemaak het.

Die Fouries het die klub begin 2020 oorgekoop, alhoewel Ronel al sedert 2016 by die klub uitgehelp het.

Die pandemie het kort daarna toegeslaan en dit het dissipline en deursettingsvermoë gevat om die skip bo die water te hou.

Al hul harde werk het vrugte afgewerp en vandag is daar by die 300 jong gimnaste wat aan die klub behoort.

“Ons is bevoorreg dat ons kinders ook gimnastiekafrigters is en ons 100% ondersteun,” vertel Ronel trots.

Vir hulle is elke jong gimnas soos hul eie en elkeen word onthou. Berné vertel van Justin Brown.

As jong seun het Justin gesukkel om sy rekstok roetine onder die knie te kry. Hy was nie ‘n gebore gimnas nie, maar hy het aanhou oefen.

Uiteindelik het hy wel sy hele roetine by ‘n kompetisie voltooi waarvoor hy ‘n 7.6 punt gekry het.

Die afrigterspan van Emfuleni Gymnastics. Agter: Mia Fourie , Ronel Fourie, Berné Fourie, Deleney Swart, Morne Nell. Voor: Elisna de Kock, Nire Laubcher , Berne Fourie jnr (Bonzai) , Phineas Oliphant, Kaitlyn Ebersohn, Berdine Coetzee. Afwesig Lorraine van Jaarsveld en Melize Robbertze. Foto verskaf Ronel Fourie

Ander sou dalk in die punt vasgekyk het, maar Berné het die jong seun beloon met die Beste Rekstok in die klub trofee.

Hulle raak opgewonde saam met elke jongeling wat ‘n eerste vooroorrol regkry en voormalige gimnaste kom kuier steeds.

“Ons leef ons droom,” som Ronel dit op. “By die werk en by die huis,” voeg Berné by.

Die gesin woon op ‘n kleinhoewe en geniet die rustigheid terwyl hul werk aan hul gimnaste se volgende roetine, tuimel of sprong.

Vir meer inligting oor die voordele van gimnastiek vir kinders en klub inligting, besoek www.emfulenigymnastics.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button