Valke Hoërskole semi-finale by Isak Steyl
VANDERBIJLPARK. - Die Isak Steyl-stadion was onlangs 'n warboel van kookwater-rugby toe sowat 40 hoërskole rugbyspanne sake uitgespook het vir 'n plek in die finaal.

Die Ankerskool in Vanderbijlpark se eerste rugbyspan was een van die spanne wat in aksie was.
Die Anker-manne het egter in ‘n harde wedstryd in die semi-finale van die Valke Hoërskole Rugbyliga Divisie 4 en 5 teen HS Elspark net-net met 21-30 in die doodsnikke van die wedstryd vasgeval.
Die Ankerskool was die gasheer van die sporthoogtepunt.
Die ander plaaslike hoerskole wat in aksie was, is:
Eerste spanne:
Die Ankerskool verloor 21-30 teen HS Elspark;
HS Parys speel gelykop met 12-12 teen Kempton Panorama.
Tweede spanne: HS Parys wen 17-0 teen Die Ankerskool.
o/19: HS Vaalpark verloor 11-15 teen Dr. Johan Jurgens.
o.16: HS Suiderlig verloor 5-20 teen HS Parys.
o/15: HS Parys wen 44-29 teen Voortrekker; HS Vaalpark verloor 7-12 teen Birchleigh.
o/14: Die Ankerskool verloor 27-31 teen Voortrekker.
Van die rugby-aksie vasgevang deur Elsje Vermeulen:






