Local newsNewsNews

Vermeende motordiewe vasgetrek

Knap gedaan aan Public Eye se Andries en Ruan

VAALPARK. – Public Eye Vaal se Andries Gothan en Ruan Coetzee het sertifikate vir uitstekende diens ontvang nadat hulle 8 Junie drie vermeende motordiewe vasgetrek het.

Volgens Marlene Drotskie, skakelbeampte van Public Eye, het Belrex om 12:33 laat weet dat ‘n gesteelde voertuig deur hul kameras opgetel is.

Gothan en Coetzee het dadelik gereageer en na die voertuig begin soek in Sasolburg.

Hulle was op die punt om die soektog te staak, toe hul die voertuig opmerk waar dit in ‘n winkel se parkeerarea indraai.

Die duo het die SAPD ingelig en die voertuig gevolg in die rigting van die sentrale besigheidsgebied.

Met die verkeerslig rooi by die kruising van Eric Louw en President Brandstrate het Gothan en Coetzee besluit om die voertuig af te trek.

Die drie mans in die motor is na die polisiestasie geneem nadat motoronderdele, gereedskap en toerusting om motorseine te versteur in die motor gevind is.

Die SAPD Sasolburg het gevind dat die voertuig met vervalste nommerplate toegerus was en dat die oorspronklike nommerplate in die motor was.

Die drie mans was vermoedelik by motordiefstal in onder meer Vanderbijlpark en Vijloenskroon betrokke.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button