Local newsNewsNewsSport

Visse byt maar traag in die koue

Net gesoute hengelaars sien kans vir 'n klubkompetisie in die winter.

VAALDAM. – Winter is nie die beste tyd vir visvang nie. Die hengelaars mag dalk met ywer die koue langs die dam aandurf, maar die visse is nie lus vir enige pap of muti nie.

Wimpie Willemse sê hy het 12 Junie by Boschkop gaan lyn natmaak en slegs sewe visse uitgetrek.

Wimpie Willemse met een van die visse wat hy by Boschkop, Vaaldam gevang het. Foto’s verskaf deur Wimpie Willemse

Dinsdag, 18 Junie het hy en die res van die Groenpunt Hengelklub vir kompetisie by Jackie Leonard langs die Vaaldam gevang.

Die 22 hengelaars het 214 visse met ‘n gewig van 120.959 kg uitgetrek, waarvan Piet Smith die meeste gevang het.

Sy 29 visse het saam 17,98 kg geweeg. Wessie van der Westhuizen was tweede (25 visse, 13.98 kg) en Gerrie Smith derde (25 visse 13.905 kg)

Vanessa Smith het die damesafdeling gewen met 12 visse wat 8.924 kg geweeg het. Die grootste karp (1.910 kg) is deur Michael Slabbert gevang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button