Local newsNewsNews
Ons weet wat ons weet: Is daar te veel skoolvakansies?
Die lekker-lang wintervakansie het aangebreek. Gerda Bruinette wonder of daar te veel skoolvakansies is en Laerskool Kollegepark se gr. 1’s - 3’s het die antwoord.

Udia Grobler

Nee, daar is nie te veel vakansies nie. Ons moet ook kan rus. Ek gaan teken en met my poppe en sussies speel.
Christian Cloete

Ons moet skoolvakansies hê. Dan kan jy heeltyd in die bed lê en tjoklit eet.
Lené Scheepers

Daar is te veel vakansies. Dan rus jy te veel en het nie tyd om te leer nie. Ek gaan jag en my niggie se verjaardag in Kaapstad bywoon.
Kgabi Maraka

Nee, dan kan ek ‘n bietjie rus. Ek gaan Johannesburg toe die vakansie.
Mikayla Grobler

Ja en nee. Jy moet leer, dis ook belangrik. Vakansies is goed, want dan kan jy tyd saam met jou familie spandeer. Ons trek die vakansie.
Estiaan Hayes

‘n Kind kort ook bietjie rus. My tannie kom kuier van die UAE af. Ons gaan dalk go carts ry.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.