Local newsNewsNews

Public Eye trek inbrekers vas

Public Eye se dapper duo het dit weer gedoen - die keer is inbrekers vasgetrek.

VAALPARK. – Misdadigers trek swaar in dié dorp langs die Vaalrivier. 19 Junie het Arrie Coetzee van Public Eye ‘n oproep ontvang dat vermeende inbrekers in Vaalpark gewaar is.

Dit volg nadat twee jongmans op 3 Junie agter oor ‘n heining in een van die woongebiede gespring en ‘n huis betree het.

Hulle het onder meer ‘n beursie, selfoon en die huiseienaar se vuurwapenlisensie gesteel.

Die huis se sekuriteitskameras het die vinnige diefstal vasgelê en bietjie meer as twee weke na die voorval het die huiseienaar die inbrekers op straat herken.

Hy het sy vrou gekontak wat dadelik Public Eye gekontak het. Andries Gothan en Ruan Coetzee het op die oproep gereageer en die twee diewe vasgetrek.

Daar is dwelms, dwelm apparate en die klaer se bankkaarte in hul besit gevind. Die dinamiese duo het die SAPD gekontak en die twee verdagtes is in hegtenis geneem.

Public Eye het ‘n beroep op mense gedoen om nie self enige een wat van misdaad verdink word te konfronteer nie.

“Bly op ‘n afstand en kontak dadelik die polisie, ‘n sekuriteitsmaatskappy of wanneer jy in Vaalpark is, Public Eye,” sê Public Eye se skakelbeampte, Marlene Drotskie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button