Local newsNewsNews

Springbok-koors is terug in die Vaaldriehoek

Altyd lekker as die Springbokke hul jaar met 'n wen open. Kyk net, hoe breed glimlag die ondersteueners.

VANDERBIJLPARK. – Dit was die Springbokke se eerste toets vir 2024 en bokkoors het behoorlik vlamgevat in die Vaal.

Springboktruie is weer uitgegrawe en almal was slaggereed vir die groot stryd teen Wallis.

Jaden Jansen van Rensburg, Tristan Greyling, Henco Erasmus, Zander Greyling en Danelle Conradie was 100% agter die Springbokke. Foto’s Gerda Bruinette

Vaalweekblad het vlak voor die wedstryd by Knock Out Pub & Grill en Horse and River Pub & Gril gaan draai om die gees vas te vang.

Chané-Mary Smith en Hendrik Kriek was op hul pos om die motors op te pas, maar het gesê hul gaan ‘n ogie op die grootskerm hou om op hoogte van die rugby te bly.

Die glimlagte was breed, want almal het geweet dr. Rassie Erasmus en sy span gaan ons nie teleurstel nie.

Réno en Marlize Jonker het uitgesien na die wedstryd teen Wallis.

Die Bokke het die Walliese Drake se vuur met 41 – 13 geblus.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button