Local newsNewsNews

Chris Bothma, was ‘n Laerskool Totius legende

Van koorafrigting tot by afkondiger by sportsbyeenkomste, Mnr. Chris Bothma was vir dekades 'n gunsteling by Laerskool Totius

VANDERBIJLPARK. – Een van die Laerskool Totius se mees legendariese voormalige onderwysers, mnr. Chris Bothma, is 7 Junie in die ouderdom van 83 jaar oorlede.

Hy word deur sy familie, kollegas, leerders en vriende onthou as die een wat almal altyd aan die lag gehad het.

Tydens mnr. Bothma se gedenkdiens, wat 17 Junie by die Nuwe Lewe Gesinskerk gehou is, het die eertydse skoolhoof van Totius, mnr. Tar Schoonbee vertel hoe hy Chris al in die 1970’s ontmoet het.

Beide was toe onderwysers by laerskole in Pietersburg. In 1983 het hy vir Chris gewerf om veral op die opbouing van kultuur by Totius te fokus.

Chris het die skoolkoor onder sy vlerke geneem en vir dekades daarna was die koor een van die bestes in die Vaaldriehoek.

Hy was ook die een wat altyd die aankondigings by atletiekbyeenkomste en ander sportgeleenthede gedoen het.

‘n Geliefde onderwyser in wie se klas daar altyd gelag is. Na sy aftrede in 2001, het hy vir ‘n wyle weer gaan aflos by die skool.

Sedert 2017 het hy en sy vrou, Bertha, by hul een dogter, Lizette van der Merwe en haar gesin gewoon.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button