Local newsNewsNews

Klassieke motors bly ‘n groot trekpleister

VEREENIGING. - Klassieke motors was onlangs die groot trekpleister tydens die Vaal Toyfair Antiques en Karskou wat by Magic Garden Centre gehou is.

Diecast Maniacs en Barraca Vaal Restaurant was die organiseerders en gasheer van die baie suksesvolle dag.

Daar was ‘n groot verskeidenheid prag-motors om besigtig en besoekers het nie die kans laat verbygaan om by hul gunsteling motor te glimlag vir ‘n selfien nie.

Vaalweekblad se Elsje Vermeulen was ook daar om die dag saam met Valies te geniet en het ‘n paar van die besoekers, en natuurlik ‘n paar van die trotse eienaars, saam met die motors op kamera vasgevang.

Rudy Bezuidenhout (14) van en Marko Whiteman (12) van Vereeniging glimlag breed voor hul gunsteling motor van die dag – ‘n pers Lotus.
Daar was geen tekort aan prag-motors nie.
Enrico Botes van Vanderbijlpark, trotse eienaar van die 1983 Opel Ascona.
Die motors is van voor tot agter bekyk.
Dié rooi Volla was Juan en Sandra Claase se gunsteling.
Oral was besoekers besig om foto’s of ‘n selfie saam met die motors te neem.
Die ou Renault sportsmotor het Theuns en Jaco van den Berg van Vereeniging se oog gevang.
Die Willemse van Drie Riviere het ook die karskou geniet. Hier is pa Riaan en ma Shantelle saam met klein Paytton by hul gunsteling motor van die dag.
So lyk die Chevvie in al sy glorie.
Daar was ‘n groot verskeidenheid prag-motors om te besigtig.
Al die besoekers, selfs Zoe, die Rautenbachs van Vereeniging se oulike viervoet het die dag geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button