
VANDERBIJLPARK. – ‘n Groot waterpyp het op die hoek van William Nicol en De Warstraat gebars in SW2.
De Warstraat is heeltemal onder water en ‘n sterk stroom vloei tot so ver as Bernard Price en Moerdykstrate.

Motoriste word gevra om die omgewing te vermy. Die water loop sterk en is meer as enkeldiep in De Warstraat.
Op die hoek het daar reeds ‘n groot gat ingeval waar ‘n bakkie vir geruime tyd vasgeval was.
Daar is reeds met herstelwerk aan die pypleiding begin. Die area is tans sonder water.
Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het intussen in ʼn mediaverklaring gesê dat SW2 en SW5 areas geraak word deur water tekort aangesien verskeie waterpype gebars het.
Op hierdie stadium kan nie gesê word hoe lank die herstelwerk sal neem nie. Vir meer inligting kontak Metsi-a-Lekoa Customer Care Center on: 087 310 3424/4095/4109 of 010 345 1640/1.