Soepel en fiks. Laerskool Vryheidsmonument in Vereeniging se Chanzi Steynberg word hoog deur Kaylinne Kroukamp, Marli Roux, Ciska Heymans en Anuschka Paynter in die lug opgetel. Foto's: Ettienne van Rensburg
VANDERBIJLPARK – Dit gebeur bitter selde dat die Portuguese Saal tot teenaan sy dakkappe met toeskouers gepak is. Vrydag, 19 Julie was een van daardie dae toe meer as 900 toeskouers die plaaslike 90.6 FM en NJR Staal Vereeniging se CheerOff Cheerleading kompetisie bygewoon het.
Enigeen wat dit bygewoon het sal beaam dat dit beslis nie ‘n mors van tyd was nie.
Die Monnies se ‘rolmaalbeweging’ sou selfs die Springbokhoofafrigter, Rassie Erasmus beïndruk het
Parkering was ‘n nagmerrie, maar dit was op die ou einde alles die moeite werd. In die hoërskole-afdeling het Hoërskool Driehoek ‘n spogvertoning gelewer en is as die wenner van die kompetisie gekroon.
‘n Cheerleader van die Laerskool Eligwa rek en strek.
In die laerskole-afdeling het Laerskool Kollegepark van Vanderbijlpark en Laerskool Vryheidsmonument van Vereeniging, mekaar behoorlik die stryd aangesê, maar die Monnies het uiteindelik die beoordelaars sodanig beïndruk dat hulle met die louere weggestap het.
Transvalia se cheerleaders in aksie. Van links: Clarise Saayman, Tamryn Lombaard, Shalaine van den Berg, Nolinca Heyneke, Leonè Du Plessis en Veronique van der Merwe. Voor: Mia Erasmus.EG Jansen in aksie.Megan Geel van Driehoek glimlag breed.Driehoek laat waai tydens die kompetisie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za