Local newsNewsNews

Nog slaggate in VDBP deur AfriForum herstel

VANDERBIJLPARK. – Meer as 1300 sakke teer is die afgelope paar maande deur AfriForum se Vanderbijlpark-tak gebruik om slaggate in Vanderbijlpark reg te maak. Die tak het onlangs nóg slaggate in die omgewing gevul deur 120 sakke teer te gebruik. Altesaam 18 AfriForum- en gemeenskapslede het op 20 Julie in Caledonrivierstraat in SE4 slaggate herstel …

VANDERBIJLPARK. – Meer as 1300 sakke teer is die afgelope paar maande deur AfriForum se Vanderbijlpark-tak gebruik om slaggate in Vanderbijlpark reg te maak.

Die tak het onlangs nóg slaggate in die omgewing gevul deur 120 sakke teer te gebruik. Altesaam 18 AfriForum- en gemeenskapslede het op 20 Julie in Caledonrivierstraat in SE4 slaggate herstel nadat inwoners versoek het dat AfriForum by die droewige situasie ingryp. AfriForum se Vanderbijlpark-tak het in die laaste paar maande al meer as 1 300 sakke teer gebruik om verskeie slaggate in Vanderbijlpark reg te maak.

Hierdie projek vorm deel van AfriForum se nasionale slaggatprojek. Die burgerregteorganisasie beoog om in Julie slaggate ter waarde van R1 miljoen regoor die land te herstel.

Volgens Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wesrand en Vaaldriehoek, sou die herstelwerk aan die paaie nie moontlik gewees het sonder die gemeenskap se ondersteuning nie.

“Dit raak al hoe belangriker dat gemeenskappe betrokke raak in hul omgewing om die verval te help keer. Saam met AfriForum kan die droom van ’n vry, veilige en voorspoedige Suid-Afrika verwesenlik word.”

Raak vandag nog by AfriForum betrokke om ’n daadwerklik verskil te maak. Besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button