Local newsNewsNews

Ons weet wat ons weet: Bestaan daar nog dinosourusse?

Laerskool Totius in Vanderbijlpark se graad 1-3’s het baie te sê oor dinosourusse. Is daar nog dinosourusse? Wat eet hulle?

Is daar nog dinosourusse? Wat eet hulle?

Linmarie Labuschagne

Linmarie Labuschagne

Ja, daar is nog dinosourusse. Hulle is op ‘n vergete eiland en hulle eet vleis. Ek hou die meeste van die langkop enetjie wat plante eet.

Vanessa Makhane

Vanessa Makhane

Ja, daar is nog dinosourusse. Hulle bly by die Dinosourusland. Dinosourusse eet mense. My gunsteling is die een met die balletjie-ding op sy stert, waarmee hy kap en tweede is die vlieg ene en derde die een met die skerp tande wat mense eet.

Donique van Druten

Donique van Druten

Nee, dinosourusse bestaan nie meer nie. Daar was ‘n groot storm en toe is hulle weg. Hulle eet mense. Ek hou die meeste van die een met die lang nek.

Esmerelda Crowley

Esmerelda Crowley

Ek weet nie of is daar nog dinosourusse nie. Hulle is nie hier nie. Hulle eet mense, gebraai. Ek het ‘n baba dinosaur by die huis. Hy eet hondepellets en tafelkos. Dis net ‘n gewone, baba dinosourus.

Violet-Rose Leca

Violet-Rose Leca

Nee, die dinosourusse is extinct, want anders sou ons nie meer hier wees nie. Hulle eet vleis. Ek hou die meeste van daai wat in die lug vlieg.

Jayden Blauw

Jayden Blauw

Nee, alles het verander. Die riviere is nou koud en dinosourusse hou van warm water. Party eet ander klein dinosaurs en ander eet gras, want die vitamiene is goed vir hulle. Ek hou die meeste van T-Rex.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button