NewsNews

Allaurah en Hercules, dinamiese duo gaan groot

Allaurah en Hercules is kampioene in eie reg. Dit het hul weer by die Friesian Winter Festival bewys.

HENLEY ON KLIP – Allaurah Taylor en Hercules is onafskeibaar en kampioene in eie reg. Die duo het die naweek by die Friesian Winter Festival met die hoogste punte in albei hul dresseer klasse as wenners uit die stryd getree.

Allaurah Taylor en Hercules word as kampioene gekroon by die Friesian Winter Festival in Parys. Foto’s: Monique Taylor, Facebook

Allaurah (13) is versot op perde en ry al vandat sy twee jaar oud is. Sy het eers aan perdespring deelgeneem, maar het verlede jaar begin met dresseer (dressage) waar perd en ruiter saam ontwikkel om ‘n reeks van al hoe moeiliker bewegings onder die knie te kry.

Sy is tans ‘n graad sewe leerder aan die Leeuwenhof Akademie waar sy op die leerlingraad dien, deel is van die revue en aan alles van hokkie tot by netbal, atletiek en 5 trompoppies deelneem.

“By die skool hou ek die meeste van hokkie, maar perdry bly my gunsteling,” vertel sy. Volgende jaar gaan sy haar hoërskool loopbaan by die Leeuwenhof Akademie voortsit.

Allaurah Taylor en Hercules na ‘n kompetisie in Februarie vanjaar.

Sy het klaar besluit wat sy na skool wil doen. “Ek gaan ‘n resiesperdafrigter word, net soos my tannie”.

Die naweek neem sy aan nog ‘n perdekompetisie deel alvorens sy saam met die res van Leeuwenhof Akademie se graad 7’s op ‘n toer na die Wes-Kaap vertrek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button