Local newsNewsNews

Droom bewaarheid na jarelange stryd

Vanderbijlpark se nuwe sub-akute versorgingseenheid, Sub-Acute 360 is onlangs geopen nadat vele struikelblokke oorkom is.

VANDERBIJLPARK– Biokinetikus Michael Redelinghuys het in 2019 besluit om ‘n sub-akute sorgeenheid oop te maak. Dit was nadat sy swaer, Wimpie Joubert met ‘n gewas op die brein in ‘n fasiliteit in Aucklandpark beland het.

“Dit was so moeilik vir ons as familie in die Vaaldriehoek om by hom uit te kom. Dis ver en om in die aande te ry is gevaarlik,” onthou Michael.

Hy het toe al geweet dat om ‘n droom te verwesenlik nie maklik is nie. Tog was Michael nie heeltemal die opdraande stryd van meer as vier jaar te wagte om uiteindelik ‘n goedgekeurde, gelisensieerde fasiliteit te kon oopmaak nie.

Dit het deursettingsvermoë, onderhandelingsvernuf, geduld en geloof geverg. Op 26 Julie het sy ma, Edith Redelinghuys, die rooi lint geknip.

Sub-Acute 360 is gereed om hul eerste pasiënte in te neem. By die openingsgeleentheid het Michael se familie, vennote, vriende en gebedsondersteuners met dankbare harte vergader.

Dit was ‘n emosionele aand en menige het ‘n traan of twee afgevee toe daar uiteindelik in die netjiese fasiliteit ingestap kon word.

In die voorportaal is plaatjies met die name en gesegdes van mense wat saam aan die droom gebou het, maar wie oorlede is voordat dit ‘n werklikheid kon word.

Op die bord pryk onder andere sy pa, Tony Redelinghuys, sy skoonma Mickey Joubert, sy swaer Wimpie Joubert en die Vaal se geliefde swemafrigter, Benny Janssen se name.

Vir meer inligting en kontakbesonderhede volg gerus die fasiliteit se Facebookblad,

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button