EKSKLUSIEF: Valie is Indië se nuwe boulafrigter
Groot uitdaging lê vir hom voor

VEREENIGING. – Indië, die top krieketspan in die wêreld se boulaanval gaan eersdaags ‘n oktaaninspuiting van die Vaaldriehoek ontvang.
Volgens ‘n betroubare bron gaan die voormalige Suid-Afrikaanse snelbouler, Morné Morkel, eersdaags as Indië se nuwe boul-afrigter aangekondig word. Morné het in die Vaaldriehoek grootgeword en aan die destydse HS Vereeniging gematrikuleer. Sy ouers het onlangs van Vereeniging na Mosselbaai verhuis om daar af te tree.

“Daar is baie lank onderhandel aangesien hy (Morné) al sy verpligtinge en betrokkenheid by die IPL moes afhandel. Hy is baie opgewonde,” gee die bron te kenne.
Morné (39) en sy gesin is tans in Suid-Afrika om vir familie te kuier. Volgens die bron het Morné ‘n stewige twee jaar kontrak beding wat tot drie jaar verleng kan word. “Dit is beslis finansieel die moeite werd vir hom.”
Hy spog immers met ‘n indrukwekkende getuigskrif.
Morné Morkel het sy debuut in internasionale krieket in die volgende weergawes gemaak:
Toetskrieket:
Datum van debuut: 26 Desember 2006
Teenstander: Indië
Plek: Kingsmead, Durban, Suid-Afrika
Eendag Internasionaal:
Datum van debuut: 6 Junie 2007
Teenstander: Indië
Plek: Kingsmead, Durban, Suid-Afrika
Twintig20 Internasionaal (T20I)
Datum van debuut: 11 September 2007
Teenstander: Wes-Indiese Eilande
Plek: Wanderers Stadion, Johannesburg, Suid-Afrika
Hier is ‘n oorsig van sy statistiek in internasionale krieket:
Toetskrieket:
Toetse gespeel: 86
Paaltjies geneem: 309
Gemiddeld: 27.66
Beste boulsyfers in ‘n beurt: 6/23
Beste boulsyfers in ‘n wedstryd: 9/110
Vyf-paaltjie beurte: 8
Tien-paaltjie wedstryde: 0
Lopies afgestaan: 8544
Eendag Internasionaal:
ODI’s gespeel: 117
Paaltjies geneem: 188
Gemiddeld: 25.32
Beste boulsyfers: 5/21
Vyf-paaltjie beurte: 2
Lopies afgestaan: 5102
Ander spanne waarvoor hy gespeel het, is: Brisbane Heat, Dehlo Daredewils, Oostelikes, Kent, Kolkata Knight Riders, Perth Scorchers, Rajasthan Royals, St Lucia Zouks, Titans en Urbanrisers Hyderabad.
Hy is egter nie die eerste Suid-Afrikaner om hom by Indië se afrigtingspan aan te sluit nie. Eric Simons (boul-afrigter) en Gary Kirsten (hoof-afrigter: 2008 tot 2011) en Paddy Upton (kondisionerings-afrigter).
“Dit is ‘n groot uitdaging en ‘n eer om die wêreld se nommer een span se boulafrigter te wees. Alle oë gaan op hom wees.”
