Local newsNewsNews

Valies skitter by Afri-Indie Toekennings

Die Vaaldriehoek het talent. Dit is gistraand weer by die Afri-Indie Musiektoekennings 2024 bewys.

Die Afri-Indie Musiek Toekennings 2024 is Woensdag 7 Augustus in Pretoria gehou.

Harry Broersma (middel) en Deja Vu met die toekenning wat hul vir Beste Rock Enkelsnit ontvang het. Foto: Facebook

By die luisterryke geleentheid is onafhanklike kunstenaars in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf vir hul werk bekroon.

Verskeie Vaaldriehoekers was onder die finaliste en ons eie Mirandi was een van die aanbieders en ʼn gaskunstenaar.

Inspirasie Veelvoud (Nico van Vuuren) voor die groot ontbytSAKE bord by die Afri-Indie Toekennings. Foto verskaf deur Nico van Vuuren

Die Vaaldriehoekers het hul talent bewys en met verskeie afdelingspryse weggestap.

Veels geluk aan:

Beste Enkelsnit (onder 18) – Groep kategorie: 4 Eva Young Band – “Tiekiedraai”

Beste Duo Enkelsnit – Afrikaans: Victor Bravo – “Lê my neer”

Beste Rock Enkelsnit: Harry Broersma se Deja Vu – “Rof”

Beste Volwasse Kontemporêre Enkelsnit (Manlik): Nico van Vuuren, Inspirasie Veelvoud – “Witborskraai” en Beste Volwasse Kontemporêre Musiekvideo (Manlik): Inspirasie Veelvoud – “Witborskraai”

Beste Instrumentele Album: Klipriver Boereorkes & Vasvat – “Green Green Grass of Home”

Meer inligting oor dié Vaaldriehoek skittersterre in Vaalweekblad van 16 Augustus.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button