Local newsNewsNews

‘Ons sal julle nooit vergeet nie’

VEREENIGING - Projek 'White Dove' is ingestel om afgestorwe Militêre Veterane te vereer in die lede se eie dorp, stad of provinsie.

‘White Dove’ is die SAWV se unieke gedenkdienste wat regoor die land deur Eenhede of Sektore aangebied word.

Dit word jaarliks gedoen op verskeie Sondae in September.

Vanjaar word die plaaslike White Dove georganiseer deur SAWV se Eenheid Kiewiet (Vereeniging) in Mario Milani Drive op 15 September. Tyd 11:00 vir 13:30.

Hierdie gedenkdienste sal talle veterane ‘n geleentheid bied om weer sy medaljes en regalia te dra.

“Ons poog om naasbestaandes van soldate wat in diens gesterf het, wat in die omgewing is op te spoor en uit te nooi vir die dag.

“Hierdie mense sal die eregaste wees vir die dag,” sê Frik van Niekerk (Visie-Voorsitter Sektor Wilger).

Die MOTHS gaan in September unieke kerkdienste regoor SA hou. Foto: Elsje Vermeulen (argieffoto)

Eenheid Kiewiet is deel van Sektor Wilger waaronder Eenheid Suikerbos (Heidelberg), Eenheid Kiewiet (Vereeniging), Eenheid Kliprivier (Meyerton en Kliprivier) en Eenheid Bokmakierie (Vanderbijlpark) ingedeel is.

Familie en vriende wat ‘n protea wil neerlê vir ‘n gestorwe soldaat moet die organiseerders asseblief skakel.

Alle veteraan organisasies word genooi om deel te wees van die gedenkdiens.

Kontakpersone vir meer inligting:

Voorsitter Christo Joubert 079 972 6585,

Adjudant Johan van Niekerk 083 459 3509 en

Kapelaan Jacques van der Merwe 076 304 2656.

Back to top button