Nuwe Mej. SA 2024 ‘n gebore Sasolburger
Die Vaal het ook rede om ekstra trots te voel, want die pragtige Mia le Roux, die nuutgekroonde Mej. Suid-Afrika, is hier in Sasolburg gebore.
Die 66ste Mej. Suid-Afrika kompetisie is Saterdag, 10 Augustus by die SunBet Arena in Pretoria gehou.
Suid-Afrika het geen tekort aan waardige kandidate om die kroon te dra nie, maar aan die einde van die aand was dit die pragtige Mia le Roux wat as wenner gekroon is.
Die 28-jarige skoonheid het verder geskiedenis gemaak om as die eerste gehoorgestremde deelnemer met die Mej. SA titel weg te stap.

Mia het Oudtshoorn op hol met dié prestasie. Sy is in Sasolburg gebore, maar het in die Weskaap groot geword. Sy woon tans in Rosebank.
Mia se se pa, Schalk le Roux, was vir jare die eienaar van die Sasolburg Bulletin koerant voordat hulle na Pretoria verhuis het, sodat Mia by ‘n skool vir gehoorgestremdes kon skoolgaan.
Mia het egter nog heelwat familie hier in die die Vaal.
Soos haar neef Schalk le Roux jnr. van Sasolburg (voormalige joernalis van Vaalweekblad) met trots sê: “My niggie is tog mooier as jou niggie.”
Niemand kan met jou stry nie Schalk!
Die Vaal is saam met Mia se familie en die res van Suid-Afrika trots op wat sy vermag het.
