Hap en Kap se jaarwenners gekroon
SASOLBURG - Die Hap en Kap Hengelklub het onlangs sy jaarlikse prysuitdeling gehou waartydens die hengelaars erkenning ontvang het vir hul hengelprestasies in 2023.
Die hengelaars wat met pryse beloon is, sluit in:
Beste Vrou
Sonja Janse van Renseburg het die top-toekenning ontvang met 129 punte. Die tweede plek is deur Corrie Taljaard behaal met 94 punte, gevolg deur Sanet Meiring met 33 punte in die derde plek.
Beste Junior
Lex Jordaan het goud behaal met 154 punte, Michael Meyer silwer met 40 punte en Meandro Pieters brons met 30 punte.
Beste Penkop
Die eerse plek behoort aan Wihandré Burger met 130 punte.
Beste Veteraan
Bez Bezuidenhout het die eerste plek behaal met 214 punte, Johan Pieters die tweede plek met 207 punte en Marius Crous die derde plek met 203 punte.
Beste Senior
Dawie Jansen van Rensburg het die hoogste punte behaal (286 punte) en met die louere weg gestap, gevolg deur Kit Taljaard met 263 punte in die tweede plek en Francois Jordaan met 224 punte in die derde plek.

Daar is ook herkenning gegee vir hengelaars wat bo klubvlak presteer het.
Die volgende hengelaars het herkenning ontvang:
Provinsiale kleure: Vrystaat en VSVOV meriete toekennings
Johan Pieters, Meandro Pieters, Marius Crous en Gert van der Heever.
Protea-wisseltrofee of Proteakleure
Meandro Pieters en Johan Pieters.
Die Sportster van die Jaar-toekenning vir 2023 behoort aan Leon Meyer vir sy verkiesing as beampte by die SA Veterane Kampioenskappe; hoofbeampte by die Vrystaat Kampioenskappe en ligafinale, asook beampte by die Meesters Premier.
- Nog foto’s van al die wenners in die week se Vaalweekblad.
