Local newsNewsNews

Ons weet wat ons weet

Na watter tipe musiek luister Noordskool in Sasolburg se juniors? Die antwoorde het alles van Afrikaanse treffers tot ACDC ingesluit.

Musiek. Vir elkeen toor dit ander beelde en klanke op. Elkeen het sy voor en afkeure. Gerda Bruinette het by Noordskool in Sasolburg se juniors gaan hoor waarna hulle graag luister.

Logan Rautenbach

Logan Rautenbach

Ek luister Banani. (Dis ‘n Geel Lego Piesang op YouTube). Ek like elke liewe liedjie. Veral Bernice West se Lyfie. Ek kan die danspassies doen, maar nie reg nie.

Taylen Kriel

Taylen Kriel

Afrikaanse musiek. Lyfie en Benoni (Lianie May) is my gunstelinge. Ek hou nie van Engelse musiek nie. Ek hou baie van sing en dans.

Anika Wassenaar

Anika Wassenaar

Ek luister wat my ma vir ons aansit. Haar gunsteling liedjie is Roar (Katy Perry). Daar is ‘n ander seun se liedjie in Afrikaans wat sy baie luister waarvan ek nie hou nie.

Zehan Wessels

Zehan Wessels

Thunder (Thunderstruck van AC/DC) is my gunsteling. Ek maak my eie liedjies op in Engels en Afrikaans en ek speel tromme en tennis en krieket. Daar is nou te veel liedjies in my kop om vir jou een te sing.

Jaylyn Kennon

Jaylyn Kennon

Jo Black, Eloff, Brendon Peyper, Taylor Swift. Ek het Jo Black se show gesien by die kerk. Hy’s my gunsteling. Ek hou nie van “ek ken ‘n liedjie wat almal irriteer nie.”

Liam Verster

Lian Verster

Musiek is boring. Ek luister net Marsmello se liedjies. Eintlik speel ek net video games. Ek is ‘n gamer en ek het baie games.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button