Local newsNewsNews

Reunie met Frank Opperman in Sasolburg

Het jy al jou kaartjies om een van Suid-Afrika se beste akteurs, die immergewilde Frank Opperman, in aksie te sien Sondag by die Etienne Rousseau Teater?

Frank Opperman is een van Suid-Afrika se bekendste akteurs. Hy is al vir dekades deel van die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf en elkeen onthou hom vir ‘n ander rol.

Van ernstige rolle in Die Vierde Kabinet en Dominee Tienie tot by Orkney Snork Nie en Ouboet en Wors, hy pas perfek in elke rol.

Sondag, 18 Augustus om 15:00 het Vaaldriehoekers die geleentheid om Opperman in 11 rolle, waarvan twee vroue is, op die verhoog te sien.

Die Etienne Rousseau Teater bied aan Reünie. Dis ʼn skool reunie. Veertig jaar het verloop (eintlik 44 want Covid het gebeur) sedert die matrieks van 1980 mekaar laas gesien het en nou is dit weer tyd vir saam kuier.

Dinge kom op die lappe, geraamtes val uit die kas. Daar word gelag, daar word gehuil en natuurlik geskinder. Want dis mos hoe ʼn reunie is.

Opperman leef hom weer meesterlik in elke rol in. “Ek is bevoorreg om saam met Frank te werk,” vertel Dana Snyman wat die stuk geskryf het. “Hy werk ongelooflik hard en wyk nooit van die teks af nie. Dis oor die 7000 amper 8000 woorde wat hy vir hierdie stuk onthou.”

Snyman en Opperman is groot vriende en hy kan nie meer onthou presies wie se idee was die stuk nie. “Ek het geskryf, vir Frank gestuur. Hy het verder geskaaf en getimmer. Man, ek dink ek het die hele stuk omtrent 10 keer oorgeskryf,” lag Snyman.

Reunie is al oor die 100 maal opgevoer en met verskeie toekennings benoem. Inderdaad, ʼn moet sien vir elke teater liefhebber, elkeen wat van Dana Snyman se skryfwerk hou (sy nuwe boek is pas vrygestel) en elke Frank Opperman aanhanger.

Hierdie is ʼn reunie wat jy nie kan misloop nie. Kry jou kaartjies vandag by www.ertickets.com.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button