Local newsNewsNews

Sasolburg Vories – groot reünie fees

Wie is lus vir roosterkoek, melkkos, kleios bou en sommer net lekker kuier? Die Sasolburg Voortrekkers hou 'n Korhaanfees in Augustus. Lees meer...

SASOLBURG. – 24 Augustus is ʼn groot dag vir Sasolburg se Voortrekker Kommando. Hul vier hul 70ste bestaansjaar met ʼn Korhaanfees by 20 Brillstraat.

Die dag se vieringe begin met ʼn vroegdag optog deur die Vories vanaf Sasolburg SPAR tot by die Voortrekkerterrein in Brillstraat.

Daarna skop die feestelikhede af met verskeie vertonings, speletjies, aktiwiteite en kompetisies. Dit sluit in Boeresport, die maak van kleiosse en ʼn sweepslaankompetisie.

Die Volkspele Laer sal ook hul buiging maak en dan is daar natuurlik die Vories se teetuin met lekker koffie en koek.

Die middag word daar afskeid geneem van tannie Alida van der Lingen wat 46 jaar lank kommandoleier was.

Na die amptelike verrigtinge en parade is dit tyd vir kampvuur-kuier en saam sing. Daar sal ook tradisionele eetgoed, van roosterkoek tot by melkkos te koop wees.

Alle huidige en voormalige Vories, en almal wat belangstel word uitgenooi om saam te kuier.

Vir meer inligting kontak Chirna Kruger op WhatsApp by 083 546 6998. Volg hul ook op Facebook by Sasolburg Voortrekkers.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button