Local newsNewsNews

Goud, silwer en brons vir Kairos Jeug

Plaaslike leerders verdien top toekennings

VANDERBIJLPARK – Vyf Valies het onlangs nuwe vlakke behaal in die President’s Award of South Africa-program wat aan jongmense tussen 14 en 19 jaar die geleentheid bied om in verskillende areas betrokke te raak en te groei.

Dié Suid-Afrikaanse jeugontwikkelingsprogram is gekoppel aan die internasionale Duke of Edinburgh Award.

Die studente kan op hul eie tyd die brons, silwer en goudvlakke voltooi. In elke vlak moet daar aan sekere vereistes voldoen word in vier hoofkategorieë, naamlik dienswerk, vaardigheid (wat onder andere musiek, sport en drama insluit), fisiese aktiwiteit en avontuur.

Met elke vlak word die moeilikheidsgraad meer en word daar meer ure dienswerk van die studente vereis.

Die plaaslike studente van Kairos Jeug wat nuwe vlakke voltooi het, is groep jeugleier Anri Wenhold (goud), Line van den Berg (silwer), Daniël Wenhold (silwer) en Minette en Renate Steurer (albei brons).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button