Local newsNewsNews

SHS-kleurfees geesvang op sy beste

Wanneer jjy jou 70ste bestaansjaar vier word deen steen onaangeroer gelaat nie

SASOLBURG – Die 70ste bestaansjaarvieringe van die Hoërskool Sasolburg was ‘n prettige affêre. Die leerlinge het verlede maand kans gekry om bietjie pret te hê met ‘n kleurfees.

Skoliere van kop tot tone getooi in alle kleure van die reënboog.

Dit is die gesig wat jou op SHS se rugbyveld begroet het. Die geesvangsessie was aan die vooraand van die skool se Revue wat in die Etienne Rousseau Teater aangebied is.

Kleurvolle vriende! Alexia Alves, Thembelani Dladla, Neha Autar, Skyla Herbst en Saishantha Moodley het hulself gate uit geniet
Nie eers die sterkste Omo sal hierdie wit hemde kan red nie! Maryke Scholtz, Lenro Gerber, Sumé Bezuidenhout en Chadoné Aucamp is enige ma se nagmerrie op Wasdag.

Daar was ook ‘n reünie vir oud-leerlinge en onderwysers. Die Old Boys en Old Girls-wedstryde het ook baie belangstelling uitgelok en rugby en hokkie uit die boonste rakke opgelewer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button