Local newsNewsNews

Ons weet wat ons weet: Was daar al mense op die maan?

Was daar al mense op die maan? Sal ons op die maan kan bly? Laerskool Emfulenipark se graad 1 – 3’s het die saak mooi vir Gerda Bruinette verduidelik.

Hailey van Rensburg Ja, daar was al mense. Nee, ons kan nie op die maan bly nie. Ons kan nie daar energie kry nie. Mense kan seerkry en daar is nie kos of water nie.

Hailey vam Remsburg

Schumi van der Merwe Ja, die mense is met ‘n rocketship maan toe. Ons kan nie daar bly nie. Daar is niks gravity en niks asem nie en mens sal die heeltyd highly protective suites aanhê.

Schumi van der Merwe

Marcella Basson Daar was al mense op die maan. Jy kan glad nie daar bly nie. Ons gaan nie kan asemhaal nie en daar is nie plante nie en ook nie diere nie.

Marcella Basson

Marko Jansen  Daar was al mense met ‘n vuurpyl. Nee, mens kan nie daar bly nie, want daar is niks suurstof, bome, gras en diere waarop jy kan lewe nie.

Marko Jansen

Joáo Foerlan Ja, daar was mense. Hulle het ‘n vuurpyl gebruik. Jy sal nie daar kan bly nie. Hoe gaan jy genoeg asem hê? Ek sal graag wil gaan kyk, maar nie daar bly nie.

Joao Foerlan

Caylin McPherson Ons het ‘n video in die klas gekyk van ‘n outjie wat op die maan geloop het. Van Amerika. Ek weet nie of ek dit moet glo nie, want YouTube video’s is gewoonlik fake. So ek is tussenin. Mens sal nie op die maan kan bly nie. Daar is nie suurstof nie en ook nie baie gravity nie.

Caylin McPherson

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button