Valie tot Mrs Opulent gekroon
Dit was haar eerste skoonheidskompetisie, maar die Valie het met die kroon weggestap.
MEYERTON – Suzette van Rooyen is onlangs gekroon as Mrs Opulent by die grootste modelkompetisie in die land, Opulent Models.
Die kroningsgeleentheid het by ‘n glansaangeleentheid in Pretoria plaasgevind. Suzette, ‘n saloneienaar en haarstilis, sê dit was haar eerste skoonheidskompetisie en modelwerk.
“‘n Vriendin van my het laasjaar deelgeneem aan die Fitness Physique kategorie en gewen. Sy het my ingeskryf as haar ‘wild card’ en so het ek in hierdie kompetisie beland.”
Dit was vir haar ‘n ongelooflike ervaring waar sy baie van die modelindustrie en van haarself geleer het.
Suzette sê dat sy dit nie sonder die ondersteuning van haar gesin, vriende en kliënte kon doen nie.
“Ek het opnuut weer besef hoeveel mense regtig omgee en vir my lief is. En natuurlik het ek nou die Opulent Familie ook bygekry en sien kans vir die volgende hoofstuk in my lewe.”
