SASOLBURG – Die Sasolburg Voortrekker Kommando het onlangs sy 70ste bestaansjaar tydens die Korhaanfees gevier.
Die dag se feesvieringe het met ‘n konvooi-optog afgeskop wat in Sasolburg Boulevard sentrum begin het en in Brilstraat by die kommando geëindig.
Na die optog en amptelike opening was daar ‘n toutrekkompetisie, volkspele en ‘n Afrikaanse vasvrae gehou.
Die jongspan het hulself vreeslik geniet met kussinggevegte, toutrek, sweepklap, tombola-speel en nog vele meer. Die boere-pannekoekmasjien het baie belangstelling gewek, asook die uitsonderlike Lego-skeppings van Riaan Pretorius (‘n oud-Vaaldriehoeker wat deesdae in Roodepoort woon).




At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
