Local newsNewsNews

Ons weet wat ons weet… Wat gebeur by ‘n basaar?

Basaars, veral kerkbasaars is so eie aan ons kultuur soos biltong en rugby, maar weet Laerskool Eligwa se jongspan wat gebeur by ‘n basaar? 

Ke-Handre Behrens

Ke-Handre Behrens

Ek dink dis waar hulle net sing. Hulle sing vir Jesus.

Zella Pletzen

Zella Pletzen

Ek weet nie wat is ‘n basaar nie. Miskien samel hulle geld in vir iemand, dan is daar broodjies en hot tjoklit en goed.

Milandri Labuschagne

Milandri Labuschagne

Ek dink hulle verkoop water, koeldrank en gesonde kos soos vleis, groente en vrugte by ‘n basaar. Maar hulle braai die vleis agter die winkel sodat mense nie kan sien watse lekker sous of spices hulle gebruik nie.

Jancemé Strydom

Janceme Strydom

Jy moet bid. Jy moet sing. En dan kry jy koek om te eet en kan koffie drink.

Reese Cajee

Reese Cajee

Daar is vuur en braaibroodjies en hulle verkoop sweeties, koeldrank en worsbroodjies. Daar is ook kompetisies en hulle speel wegkruipertjie.

Jaden Fourie

Jaden Fourie

Ek dink hulle verkoop kos soos vleis, sop en pasta, roomys, lekkers en vrugte by ‘n basaar. Dan speel mense toneel en daar is water en koeldrank ook.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button