Local newsNewsNews

Petrolkoppe bederf op die oewer van die Vaal

VAALPARK – Honderde motorgeesdriftiges het die naweek op The View on Vaal Resort by Abrahamsrust toegesak vir die herlewing van die bekende Wheels at The Vaal saamtrek. Vir ‘n beter venue kon daar nie gevra word nie. Met dosyne stalletjies, honderde karre, oorgenoeg parkeerspasie en ‘n pragtige uitsig oor die rivier was dit ‘n belewenis. …

VAALPARK – Honderde motorgeesdriftiges het die naweek op The View on Vaal Resort by Abrahamsrust toegesak vir die herlewing van die bekende Wheels at The Vaal saamtrek. Vir ‘n beter venue kon daar nie gevra word nie.

Met dosyne stalletjies, honderde karre, oorgenoeg parkeerspasie en ‘n pragtige uitsig oor die rivier was dit ‘n belewenis.

Daar was ystersmitte, ou en moderne karre en selfs ‘n piepklein stoomlokomotief wat die mag en krag van stoomenjines gewys het toe hy ‘n bakkie met ‘n vrag kinders deur die oord gesleep het.

Die biertuin wat deur Op’i Plaas behartig is en verskeie kosstalletjies het die besoekers se innerlike versterk en hul dors geles.

Daar was braai geriewe vir diegene wat ‘n vuurtjie wou aansteek en ‘n swembad vir die kleinpan om in af te koel.

Oud en jonk het gestaan en droom terwyl hulle foto’s by hulle gunsteling karre geneem het.

Hoewel daar altyd ruimte vir verbetering is, was dit ‘n welkome terugkeer van een van die lekkerste motorskoue op die sosiale kalender.

‘n Warmgemaakte Nissan maak keel skoon by die skou. Foto’s: Ettienne van Rensburg
Mooi bly maar mooi!
Ashteny Oosthuizen en haar ouma het lekker karre gekyk by die motorskou.
Jacques Malan een van die ystersmitte maak ‘n stuk staal in die vuur warm.
Kadofie die lokomotief se nefie maak gereed om ‘n bakkie te sleep.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button