Local newsNewsNews

Kunsuitstalling langs die Vaalrivier

Van beeldhouwerk tot konseptuele kuns, kom geniet vier kunstenaars se uiteenlopende werke langs die Vaalrivier.

VAALPARK – Kunsliefhebbers dagboek 12 en 13 Oktober. ‘n Uitsonderlike kunsuitstalling vind plaas by The Venue on Vaal in Minnaarstraat.

Gevierde kunstenaars Mark L. Swart en Mark Shaun Hopkins keer terug na hul Vaaldriehoek wortels om hulle werke ten toon te stel, terwyl die Johannesburggebaseerde kunstenaar Elli Wahl se werke ook uitgestal sal word.

Die geleentheid dien ook ter ondersteuning van Lara Pienaar se debuut uitstalling.

Toegang tot die uitstalling is gratis en ‘n kontantkroeg sal beskikbaar wees. Kunsliefhebbers word ook genooi om hul eie piekniekmandjies saam te bring en ‘n dag langs die rivier omring deur beelde, skilderye, en goeie geselskap te geniet.

Die geleentheid begin om 10 uur die oggend met die klem op Mark L. Swart se beelde en Lara Pienaar se houtskooltekeninge, aangevul deur die omstrede konseptuele kuns van Mark Shaun Hopkins en die pragtige skilderye van Elli Wahl.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button