Local newsNewsNews

Boeremusiek, Roccostyl by die Etienne Rousseau Teater

Hier kom 'n groot musikale lekkerte. 6 Oktober by die Etienne Rousseau Teater in Sasolburg. Bespreek vandag nog jou kaartjies.

Met Rocco de Villiers op klavier. So klassiek soos ‘n styf gestyselde voortrekkerkappie, vars soos ‘n melktert uit die oond en watertand-sappig soos ‘n boereworsrol van die kole, gebruik pianis en vermaaklikheidskunstenaar Rocco de Villiers sy towerstokkie om musiek uit sy jeug weer te besoek.

Rocco de Villiers. Foto Rocco de Villiers, Facebook

Musiek van sy pa se boereorkes in die Vrystaat gedurende die 1970’s. Maar alles in Rocco se kenmerkende styl, en gepas vir die 21ste eeu.

“Boere-classics” kry nuwe baadjie! Rocco blaas nuwe lewe in stukke soos Umfaan, Penny Whistle Kwela, Outa in die Langpad, Kalfiewals, Hartseerwals,

Die ou waenhuis, natuurlik keurspele van Jim Muller en musiek van legendes soos Nico Carstens en Hansie Roodt sr.

BOEREMUSIEK, ROCCOSTYL is ‘n viering van eg Suid Afrikaanse inheemse musiek. Kry ‘n kaartjie, kry ‘n drankie, raak nostalgies en kom na die show.

Rocco, Lizelle en Hansie is goed aangetrek, goed voorberei en goed ge-olie! Hoe dan anders!

Vertoning 80min (geen pouse). Sondag, 6 Oktober 2024 om 15:00, Kaartjies beloop R250 pp, R200 vir seniors en R150 vir o12. Bespreek vandag by www.ertickets.com

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button