Local newsNewsNews

Valies se vakansie verander in nagmerrie-ondervinding

VANDERBIJLPARK - Wat 'n lekker kort seevakansie vir 'n gesin van die dorp moes wees, het in 'n nagmerrie-ondervinding ontaard.

Die Bester-gesin (mamma, pappa en twee dogtertjies onderskeidelik 10 en 5 jaar) se sorgvrye vakansie in Ballito is deur ‘n gewapande inbreker kort geknip.

“Ons het wakker geword en besef daar is iemand in die vertrek. Ons gryp dadelik na ons selfone op die bedkassies, maar dis nie daar nie,” vertel ma Marika.

“My man het hom (of altans sy agterstewe) betrap waar hy die eenheid deur ‘n venster probeer verlaat.

“My man is agterna deur die klein opening, maar terwyl hy sy balans aan die buitekant probeer kry, kyk hy in die loop van ‘n pistool vas”.

Nodeloos om te sê is die inbreker met hul besittings wat alles van beursies, selfone tot skootrekenaar ingesluit het weg.

“Daar sit ons, geen kaart, geen ID, geen kontant! 600km van die huis af. Ons het darem nog een foon tussen die klomp van ons gehad. Maar uit skok kon ons nie die wagwoord onthou as daar vir jou Apple ID gevra word nie. Ons reset die password, maar ‘n secure code word na jou epos gestuur en ons skootrekenaar is gesteel.

“Boonop werk Apple se kontaksentrum net van Maandae tot Vrydae.

“Vodacom soek bewys van adres en ook ‘n ID. Standard Bank kan nie vir ons tydelike kaarte gee nie want weer kort ons ‘n ID en hulle vingerafdrukskandeerder is van lyn af,” vertel Marika.

Die gesin loop van winkel tot winkel met hul hande agter hul rue en kyk hoe die wolke oor die see gerol kom. Hul vakansie is verby.

“Die SAPS het ons by ons vakansie-woonplek besoek. So moes ons uitvind dat vakansiegangers geteiken word,” vertel Marika.

Sy wil ander vakansiegangers hiervan bewus maak.

“Hulle sit en wag vir ons en al ons fancy goed, want wie vat nou ou stukkende klere en leë parfuum op vakansie. KZN het nie tans ‘n heat wave nie, maar ‘n baie groot crime wave wat ons binnelanders nie van weet nie”.

“As ons alles kon oordoen sou ons met al die nuwe kennis beslis eers die eenheid en sekuruteit noukeurig ondersoek het.

“Wees wakker, wees oplettend, maak seker jou eenheid kan sluit, kla as dit nie veilig is nie. Moet nooit dink dit sal nie met jou gebeur nie,” sê Marika.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button