Local newsNewsNews

Gholfdag vir goeie doel

Valie kort hulp met mediese onkostes

VANDERBIJLPARK- Op 23 Oktober word daar ‘n gholfdag op Heron Banks gehou ten bate van Tommy Day wat onlangs sy linkervoet weens ‘n noodamputasie verloor het.

Sy voet afgesit nadat hy in ‘n stuk glas getrap het. Die wond het ondanks behandeling nie genees nie. Hy is boonop ‘n diabeet.

Volgens sy seun, Thean Day, hoop die mediese rekeninge op aangesien sy pa nie ‘n mediese fonds kan bekostig nie.

Hoewel sy pa vanuit sy rolstoel in sy werkswinkel doenig is, is die take wat hy sonder ‘n kunsbeen kan doen egter beperk.

Die gholfdag slaan om 11:00 af en koste per vierbal beloop R1800. Om ‘n gatjie te borg is slegs R1 000.

Gholfkarretjies kan by die Pro Shop bespreek word by 078 052 4083. Diegene wat belangstel om ‘n donasie te maak of aan die gholfdag deel te neem kan Thean by 082 651 8597 kontak.

*Die bankbesonderhede vir donasies is: Bank: Standard bank, Rekeningnommer: 10230663840 Rekeningnaam: Tommy Day’s Medical Relief Fund Verwysing: Voorletter en van

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button