Stephan en Petro Cloete van Drie Riviere geniet die aksie by die Ultimate Outlaws Raceway. Foto: Gerda Bruinette
VEREENIGING – Saterdag het toeskouers van vroegmiddag ingestroom, die vure is aangesteek en die koelersakke reg geskuif.
Sarie en Elie Koster het die aand saam met hul familie geniet. Foto: Gerda Bruinette
Dit was weer tyd vir Ultimate Outlaws se 2024 Kampioenskappe by die Ultimate Outlaw Raceway.
Tanith Jacobs, Lise-Mari Botha en Linda Bothma het al die aksie op die baan geniet. Foto: Gerda Bruinette
Al gou het die reuk van petrol en warm bande weer die lug gevul. Op die baan het die verskillende klas motors en Hotrods dit uitgespook, terwyl daar lekker gekuier is op, agter en onder die pawiljoene.
Nathan Malan (4) het ‘n lekker sitplek gevind en wou net weet waar is al die karre? Foto: Gerda BruinetteArno Koster, Jason Marx en Willie de Bruyn het ‘n hond uit ‘n bos gekuier. Foto: Gerda Bruinette
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za