Tania en Milanka McDonald by die Downsie Liefde stalletjie waar alles van blikbekers tot sonhoedjies handgemaak was. Foto's Gerda Bruinette
VANDERBIJLPARK – Solidariteit Helpende Hand se tak in Vanderbijlpark het verlede Saterdag hul eerste Handemark by die Laerskool Totius gehou.
Du Randt Dry en Lumay Jordaan het die hondevertoning van Security without Borders baie geniet.
Daar was verskeie stalletjies met handgemaakte produkte, lekkernye om te eet en natuurlik iets koel vir die keel.
Totius se vriendelike personeel het die Ribburgerstalletjie beman. Van links is Chantelle van Niekerk, Amanda Potgieter, Carmen Wellsted en Duanie Fourie.
Oud en jonk het die dag geniet. Nie-bederfbare kos wat ingesamel is gaan na Totius se koskas, terwyl die fondse vir Solidariteit Helpende Hand se studiefonds aangewend sal word.
Tina Weygertze van Vereeniging by haar Sweetie Apteek – daar was “pille” vir elke kwaal van hoofpyn tot buierigheid.Sonland Kleuter en Naskool in Vanderbijlpark se span het ekstra groot pannekoek gebak. Van links is Rochelle van Niekerk, Tanit Hurter, Lucas en Sonika Dry.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za