Local newsNewsNews

Te veel lyke, te min antwoorde

Daar is glo 'n massiewe opeenhoping van onopgeëiste lyke in staatslykshuise regdeur die land wat groot druk op die bestaande geriewe plaas.

“Hierdie opeenhoping staan tans op 3 186 in die sowat 130 staatslykshuise landwyd. KwaZulu-Natal met 1 527 en die Oos-Kaap met 526 blyk die grootste probleemgebiede te wees,” sê die VF Plus in ‘n mediaverklaring.

Die hoofoorsake hiervoor is glo gebrekkige identifikasie en naasbestaandes wat bloot nie die oorskot opeis nie.

Dan is daar ook onwettige immigrante wat nie geïdentifiseer kan word nie, en bydra tot die probleem.

Ander faktore is die agterstand en vertraging in die vervoer en ontleding van DNS-monsters, swak kwaliteit vingerafdrukke, korrupsie waar naasbestaandes moet betaal om gestorwenes te kry, uitstaande toksikologiese verslae, die vertraging in begrafnisse en verassings weens ‘n tekort aan grafspasie, begrotingstekorte en krematoriums wat nie voldoende funksioneer nie.

“‘n Kerntaakspan sal onverwyld op die been gebring moet word tussen die regering en rolspelers in dié bedryf om die probleme daadwerklik te behandel. Dit is reeds ‘n krisis en kan nie gelaat word om te vererger nie,” meen die VF Plus.

Die party het ook daarop gewys dat die snelgroeiende bevolking sake aanhou sal versleg.

Dit wil egter voorkom of daar nog nie gesprekke of samewerking tussen die regering en die betrokke rolspelers is om ‘n oplossing te bewerkstellig nie.

Van die oplossings wat die VF Plus voorstel, is die implementering van ‘n digitale vingerafdrukstelsel wat kan help met die identifisering van oorledenes wat by staatslykshuise opdaag.

“Samewerking moet formeel geskied tussen die nasionale regering en al die rolspelers, insluitend die nasionale gesondheidslaboratoriumdiens asook provinsiale en plaaslike regerings. Laasgenoemde is waar die probleem eindelik lê aangaande krematoriums en onvoldoende grafspasie,” verduidelik die VF Plus.

“Bestaande staatslykshuise en krematoriums moet dringend opgegradeer word en nuwes moet gebou word. Meer grafspasie sal beskikbaar gestel moet word en daar sal op nasionale vlak gehelp moet word met begrotingstekorte vir die instellings,” sluit die VF Plus af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button