Local newsNewsNews

80 en pragtig: Ouma Bettie dans deur die lewe

SASOLBURG - Ouma Bettie het baie om voor dankbaar te wees. Dié ouma het onlangs die voorreg gehad om haar 80ste verjaarsdag met 'n lekker familie-makietie te vier, én boonop spog die ouma vir die tweede keer met ware liefde in haar lewe.

Ouma Bettie het in Pietersburg groot geword.

Haar eerste liefde was Neels met wie sy van 1961 tot 1998 getroud was. Gedurende die tyd het sy deeltyds verpleeg en selfs by Unie Winkels gewerk.

Haar groot taak in die lewe was egter om ma te wees en die huishouding in orde te hou.

Uit dié huwelik is ses kinders gebore. Ouma Bettie spog tans met 11 kleinkinders en 18 agter kleinkinders.

Maar die lewe staan nie stil nie en ouma Bettie het vyf jaar gelede weer ware liefde gevind by Oupa Hannes Venter, wat ook in Pietersburg groot geword het.

Die twee ken bemaar al lank en het in 2018 die knoop deurgehak.

Dit was dus vir haar op 28 September ‘n wonderlike voorreg om haar 80ste verjaarsdag saam met haar familie en geliefdes te vier.

Die makietie is Bloekompoort gehou en daar is tot laat aand lekker gelag, gekuier en gedans.

Ouma Bettie Venter van Sasolburg en al haar geliefdes tydens haar 80ste verjaarsdagvieringe in Bloekompoort.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button