Local newsNewsNews

Ons weet wat ons weet

Fonteine Primêre Skool in Sasolburg se juniors het hul eie idees van watter troeteldier hulle sal kies tussen ‘n baba olifant, seekoei, renoster of leeu.

Hardus Pretorius Ek sal die baba renoster vat, want ‘n renoster kan my oppas. My ma’le sal nie ‘n probleem hê nie, want hulle hou van renosters. Ek sal my baba renoster Lily noem.

Hardus Pretorius

Aveny Strassburg Ek vat die baba seekoei, want dis lekker om met hom te speel. Ek dink nie my ma sal dink dis ‘n goeie idee om ‘n seekoei te hê nie. Ek sal my seekoei EllaBella noem.

Aveny Strassburg

Kate Esplin Baba seekoei, want die olifant, renoster en leeu is te gevaarlik as hulle groot is. ‘n Seekoei is makliker om na te kyk. As dit ‘n meisie seekoei is, noem ek haar Olivia en ‘n seuntjie seekoei sal Leem wees.

Kate Esplin

Reinhard Labuschagne ‘n Leeu, want ek hou van wilde diere. Sy naam sal Leeutjie wees. Maar ek dink mamma sal weghardloop. Sy is nie lief vir diere wat byt nie.

Reinhard Labuschagne

Luan Paton ‘n Leeutjie. As iemand inbreek sal hy terug fight en hy is baie cute en fluffy. Ek sal hom Lukas noem.

Luan Paton

Graeme Langenhoven Eintlik wil ek ‘n baba krokodil hê, want ek hou van reptiele. Maar nou kies ek ‘n renoster. Sy naam is Renostie. Mamma sal sê hy is te groot vir my bed.

Graeme Labuschagne

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button