Local newsNewsNews

Slaggate in Sasol herstel

Afriforum spring weer in

SASOLBURG. – As deel van AfriForum se #OnsDorpOnsVeiligheid-projek het die AfriForum-tak in Sasolburg op 12 Oktober 21 slaggate in Mosegastraat herstel.

Altesaam 73 sakke teer van 25 kg elk, oftewel 1,8 ton teer, is gebruik.

Agt werkers se dienste is gehuur om vyf AfriForum-lede met die groot werk te help. Die koste van die dag se werkery het nagenoeg R8 000 beloop.

Die tak het ook skenkings van die gemeenskap gekry, wat sal help om meer slaggate te herstel.

Daar word beplan om in President Brand- en HF Verwoerd-weg, Oerdersingel, asook in Vaalpark gate te herstel. 

“Bietjie vir bietjie maak hierdie tak ’n groot verskil in Sasolburg. Mosegastraat was in ’n slegte toestand weens waterlekke wat die teer gedurig opgelig het.

Nou kan die straat weer sonder vrees vir skade aan jou voertuig se bande gery word,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Johan Hayward, voorsitter van AfriForum se Sasolburg-tak, bedank alle lede vir hul ondersteuning en bydrae.

Slaggate word herstel.
Slaggate word herstel.

“Sonder ons lede sal projekte soos hierdie nie kan plaasvind nie. Die ekstra donasies help ook baie om meer gedoen te kry.

AfriForum se Sasolburg-tak beplan baie nog meer projekte om ons omgewing te verbeter met behulp van ons gemeenskap en lede,” sluit Hayward af.

Die gemeenskap word aangemoedig om by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak: Kontak Hayward by 073 885 1365.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button